Die Wêreldbeheerliggaam vir Motorsport – die FIA – het hulle eerste boete aan ‘n renjaer uitgereik vir die gebruik van kru-taal.
Die Franse renjaer Adrien Fourmaux het diè eer ontvang weens ‘n uitbarsting by ‘n Sweedse tydren.
Fourmaux het teen ‘n sneeubank gebots en moes van die kompetisie onttrek het.
Hy het ‘n vloekwoord laat glip op ‘n regstreekse TV-onderhoud en het in die wedren beamptes se verslag gesê dat hy diè woorde op ‘n “beskrywende manier” gebruik het en nie bedoel het om iemand te beledig nie.
Die 26-jarige wat vir Hyundai jaag is met €10 000 beboet sowel as ‘n verdere €20 000 wat vir 12 maande opgeskort is.