Die sewemalige Formule Een-kampioen Lewis Hamilton het Sondag amptelik sy 12-jaar-termyn by Mercedes beëindig by die Abu Dhabi Grand Prix in die Verenigde Arabiese Emirate.

Hamilton het diè ren in die 16de plek begin en vierde geëindig nadat hy sy spanmaat George Russell in die laaste rondte verbygesteek het.

Hy het vanjaar sewende op die Wêreldkampioenskap-puntelys geëindig wat sy laagste algeheel was.

Diè Brit gaan hom volgende jaar by Ferrari aansluit op ‘n meerjarige kontrak saam met Charles Leclerc.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×