Die Toyota Gazoo-renjaer Henk Lategan en sy navigator Brett Cummings het afgeskuif na die algehele tweede plek in die Dakar-veldtydren na ‘n 11de plek in die negende skof van 589 km tussen Riyadh en Haradh.

Die duo is nou sewe minute agter die nuwe voorlopers Yazeed Al Rajhi en Timo Gottschalk van span Overdrive Racing.

Lategan en Cummings se Toyota Gazoo spanmaats Guy Botterill en Dennis Murphy was egter in ’n ongeluk betrokke gewees by die 272 km merk maar was gelukkig ongedeerd en kon ook nie die spesiale skof voltooi nie.

Brian Baragwanath en Leonard Cremer van Century Racing is die ander Suid-Afrikaanse span wat tans algeheel in die tiende plek is in ’n tyd van 47:38:08.0

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×