MOTORSPORT – Kyle Larson het ook die 1ste wedren  van die NASCAR uitdunrondes by die 74ste Cook Out Southern 500  in Darlington, Suid-Carolina die afgelope naweek gewen.

Nadat Larson reeds in die verlede met drie 2de plekke by hierdiè wedren tevrede moes wees het hy egter met die hulp van sy span ’n briljante stop in die kuipe op rondte nommer 313 uitgevoer wat hom ook weer in staat gestel het om voor te bly nadat die wedren se 8ste waarskuwingsvlag ook  te voorskyn gebring is.

Hy is daarna toegelaat om weer in die voorste  linie aan te sluit waar hy ook  gebly het tot aan die einde van die wedren en met 0.447s voor Tyler Reddick sy 3de oorwinning vir 2023 kon opraap.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×