MOTORSPORT  – Frankryk se veteraan Dakar veldtyd-renjaer Sebastien Loeb het gister sneltrajek 4 oor ’n afstand van 299 km in ’n tyd van 2 uur 36 minute en 2 sekondes afgelê wat ’n minuut en 8 sekondes vinniger was as die algehele voorloper tans van die Overdrive Toyota Hilux span Yazeed Al-Rajhi.

Die verdedigende kampioen Nasser Al-Attiyah was 3de gevolg deur die hibried-elektriese Audi’s van Carlos Seinz en Stephanè Peterhansel onderskeidelik in die 4de en 5de plekke.

Die Suid-Afrikaners Giniel de Villiers en Dennis Murphy het 19de in diè skof geëindig maar oornag opgeskuif tot algeheel 11de en is 59 minute en 24 sekondes agter Yazeed Al-Rajhi en Timo Gottschalk van span Overdrive Racing.

*Vandag se sneltrajek 5 is die korste van vanjaar se wedren teen die stophorlosie terwyl die “Empty Quarter” –  wat 527 km suiwer woestyn insluit –  ook op die deelnemers sal wag.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×