Lando Norris van die McLaren span het Sondag die eerste Grand Prix van die nuwe wedren seisoen op ’n windverwaaide en glibberige Albert Park in Melbourne gewen.

Die veiligheidsmotor was by verskeie geleenthede gedurende die ren ontplooi en aan die einde was dit net 0.895s wat Norris en Red Bull se Max Verstappen van mekaar geskei het terwyl George Russell van Mercedes die laaste plek op die podium ingeneem het.

Dit was ook ’n ordentlike vuurdoop vir die nuwelinge in diè reeks met net twee uit die ses wat die wedren kon voltooi.

Die volgende ren is die Chinese GP wat op die Shanghai Internasionale renbaan gejaag sal word.

error: Inhoud is beskerm !!