Die ovaalbaan-grondbaan-wedren vind Saterdag by die Ovaalbaan by die Skougronde in Bloemfontein plaas.
Hierdie is ‘n nasionale kwalifiserende wedren en die organiseerders beloof groot opwinding vir toeskouers en renjaers.
Wedrenne sluit in 1600 saloons, rookies, hotrods, midgets, lexus, 1660’s, 2.1 liters, en V8’s.
Die hekke maak om 13:00 oop, en die wedrenne begin om 18:00.
Toegang is R80 per persoon, R50 per voertuig, en R40 vir kinders en pensioenarisse. Kinders onder ses gaan gratis in.
Die wedrenne sal ook regstreeks op motorsportza.tv gestroom word.
Vir meer inligting, skakel Naomi by 082 969 0306.