MOTORSPORT – Dit was gister nog ‘n goeie dag vir Sergio Perez van die Red Bull Formule 1-span gewees nadat hy verneem het dat sy kontrak by diè vervaardiger tot 2024 verleng is.

Die 32-jarige Perez se triomftog in die strate van Monaco die afgelope naweek het van hom die mees suksesvolste Meksikaanse Formule 1 renjaer in sy land se geskiedenis tot op hede gemaak en waar hy ook die mylpaal bereik het as sy land se eerste wenner van diè prestige wedren.

Nog goeie nuus vir Formule Een aanhangers is dat Perez se spanmaat en huidige wêreldkampioen Max Verstappen ook nog by Red Bull gekontrakteer is tot die einde van 2028 en dit voorspel niks goed vir die spanne van Ferrari en Mecedes wat nog in die wedloop is om Verstappen en Perez voor die einde van die Formule 1-seisoen te probeer inhaal nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×