Oscar Piastri het sy tweede oorwinning in die afgelope drie wedrenne in vanjaar se Formule Een-reeks behaal toe diè Australiër eerste onder die geruite vlag deurgejaag het in Bahreinse Grand Prix wat ook ’n eerste oorwinning vir McLaren in Sakhir was.

George Russell van Mercedes wat tweede terwyl Piastri se spanmaat Lando Norris die derde plek op die podium ingeneem het.

Norris wat nog steeds bo-aan die puntelys is was vroeg in die wedren met vyf sekondes gestraf nadat sy McLaren liggies vorentoe beweeg het op die wegspringrooster. Piastri is nou slegs drie punte agter Norris op 74  terwyl Red Bull se Max Verstappen wat met ’n sesde plek tevrede moes wees tans vasklou aan 69 punte.

Die volgende wedren is eerskomende naweek in Saoedi-Arabië.

error: Inhoud is beskerm !!