Die vroeë voorloper in vanjaar se Formule Een-reeks Oscar Piastri het sy voorsprong op die punteleer vergroot nadat die Aussie die Miami Grand Prix gewen het.
Piastri het die 57 rondes in ’n tyd van 01:28:51 afgelê gevolg deur sy spanmaat Lando Norris en die Mercedes jaer Geroge Russell onderskiedelik in die tweede en derde plekke. Die Red Bull span se Max Verstappen moes met die vierde plek tevrede wees.
Ferrari het weer ’n teleurstellende nweek beleef met Lewis Hamilton en Charles Leclerc wat onderskeidelik sewende en agste geëindig het.
Die volgende ren is die Emilia-Romagna GP wat die naweek van die 16de tot die 18de Mei gejaag word.