Formule Een uitvoerende hoof Stefano Domenicali het met Thailand se premier vergader om die moontlikheid te bespreek om ‘n Grand Prix na diè land te bring.
Met die toenemende gewildheid van F1 is Thailand gretig om die geleentheid te ondersoek en ‘n uitvoerbaarheidstudie van stapel te stuur om koste, infrastruktuur en potensiële wedrenliggings te bepaal.
Bangkok is voorgestel as ’n moontlike opsie terwyl Thailand se bestaande Buriram-baan reeds ‘n belangrike MotoGP-gasheer is.
Thailand ondervind egter mededinging van ander lande, insluitend Frankryk, Duitsland en Turkye, wat almal ‘n plek op die F1-kalender soek.