Oscar Piastri het met oorwinnings in China, Saoedi-Arabië en Bahrein gewys dat hy ’n ernstige aanspraakmaker is op die Formule Een wêreldtitel en staan nou bo-aan die punteleer met 99 punte – tien voor sy spanmaat Lando Norris.
McLaren se uitvoerende hoof, Zak Brown, glo die jong Australiër sal net beter en sterker word en beklemtoon dat beide Piastri en Norris as gelyke nommereens beskou word met die belofte van ’n opwindende interne stryd in diè span.
Brown sê diè twee jaers dryf mekaar tot beter prestasies en hy voorsien vonke op die baan namate die kompetisie toeneem.
Norris waarsku egter om nie Red Bull en Ferrari te onderskat nie en noem spesifiek Max Verstappen se formidabele vertoning in Saoedi-Arabië as ’n teken dat die stryd vir die titel allesbehalwe verby is.