Die United Auto Workers-vakbond (UAW) in Amerika het vanoggend gelyktydige stakings geloods by drie fabrieke wat deur General Motors, Ford en Chrysler-ouer Stellantis besit word. Dit word gesien as die mees ambisieuse Amerikaanse industriële arbeidsaksie in dekades. Die sakings by die sogenaamde “Detroit Drie” sal die produksie van die Ford Bronco, Jeep Wrangler en Chevrolet Colorado-bakkie stop, saam met ander gewilde modelle. Reuters berig UAW-president, Shawn Fain, het gesê die duisende vakbondlede eis ‘n salarisverhoging van 40-persent oor vier jaar en onder meer ook ‘n werkweek van vier dae. Die stilstand bring wat ‘n verlies van 5-miljard dollar vir die Amerikaanse ekonomie kan beteken.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×