Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga, is glo verbaas oor AfriForum en Solidariteit se dispuut met die regering, oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op
Basiese Onderwyswette, ook bekend as Bela.
Dit kom in reaksie op ‘n skrywe aan adjunkpresident Paul Mashatile, waarin die twee organisasies hulle voortdurende misnoë oor Bela te kenne gee. NewsKoop berig AfriForum en Solidariteit dreig om te onttrek aan gesprekke oor verbeterde dienslewering, indien die regering nie heroorweging skenk aan die goedkeuring van die Bela-wet nie.
1 Comment
Comments are closed.