Die minister van binnelandse sake sal van minagting van die hof aangekla word, indien hy nog ‘n keer versuim om ‘n hofbevel van die Wes-Kaapse hooggeregshof te eerbiedig.

Die hof het reeds in Oktober gelas dat minister Aaron Motsoaledi ‘n saak moes besleg waarvolgens ‘n buitelander skynbaar ‘n werkpermit bekom het wat vervals is.

Die man voer aan hy het geglo die permit was wettig toe hy dit bekom het. Hy het self na die kantoor van binnelandse sake gegaan toe hy in 2020 onraad vermoed het.

Hy het ook die vermeende vervalste werkpermit vrywillig aan die departement oorhandig.

‘n Besluit oor die applikant se lot berus sedertien by Motsoaledi. Die minister het vanjaar reeds talle hofbevele verontagsaam.

error: Inhoud is beskerm !!