Gesondheidsminister Aaron Motsoaledi het besluit om die nuwe regulasies te herroep wat die verkoop, invoer en vervaardiging van voedselprodukte met cannabis en hennep verbied.

Die regulasies, wat vroeër vandeesmaand stilweg afgekondig is, het enige voedsel met cannabis-ekstrakte, hennepsaadolie of hennepmeel verbied.

TimesLIVE berig die Presidensie het die besluit Dinsdagaand aangekondig ná Motsoaledi en president Cyril Ramaphosa vergader het.

Volgens presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, steun Ramaphosa verdere konsultasie oor regulasies om gesondheidsrisiko’s, veral vir minderjariges, te beperk.

Dit het tot groot teenkanting vanuit die cannabisbedryf gelei, met regsaksies wat oorweeg is.

error: Inhoud is beskerm !!