Tshwane se nuwe burgemeester, Nasiphi Moya van ActionSA, gaan in die kantoor wees, maar volgens Cilliers Brink, voormalige burgemeester, gaan sy nie aan bewind wees nie.
Maroela Media berig verder haar toutjies sal, volgens Brink, deur die ANC se Gautengse faksies en die EFF getrek word.
Alhoewel Brink nie dink sy opvolger is onbekwaam nie, glo hy egter dat Moya se verkiesing tot burgemeester daarop dui dat die ANC en sy voormalige radikale ekonomiese transformasie-faksie herenig het.
Moya het Woensdag gedurende haar eerste toespraak as burgemeester by Tshwane House volgehou sy gaan niemand anders as die inwoners van Tshwane dien nie, en het bygevoeg sy is nie ‘n ActionSA-burgemeester of ‘n burgemeester van enige ander party nie.