YouTube- en TikTok-ster MrBeast, oftewel Jimmy Donaldson, het as deel van ‘n groep beleggers ‘n bod op TikTok ingesit.

CNN berig die bod is net die jongste kinkel in wat ‘n buitengewone paar dae vir TikTok was.

Die toep was die naweek van lyn af toe ‘n landwye verbod in Amerika dreig, maar was sowat 12 uur later weer aanlyn.

Dit nadat president Donald Trump aangekondig het dat hy ’n uitvoerende bevel sal onderteken om die verbod met 75 dae uit te stel.

Gesprekke oor die verkoop van TikTok aan ‘n Amerikaanse maatskappy is sedert 2020 in omloop toe Trump – tydens sy eerste termyn in die Withuis, ‘n uitvoerende bevel uitgereik het om TikTok te verbied.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×