Die veteraan politikus en voormalige adjunkpresident van die ANC se veterane liga, Mavuso Msimang, wat verlede week uit die ANC bedank het, het gesê dit is ‘n verleentheid vir die ANC om iemand soos Fikile Mbalula te hê as sekretaris-generaal. Msimang het verwys na vorige ANC leiers wat dié gesogte pos in die ANC beklee het soos Sol Plaatje, Oliver Tambo en Duma Nokwe. Msimang het reageer op Mbalula se aantyging Sondag dat hy na 60-jaar uit die ANC bedank het omdat hy omgekoop is om by Roger Jardine se beweging aan te sluit. Msimang het gesê Mbalula se uitlatings dui op die stand van die ANC as organisasie. Msimang het gesê hy het by geen party aangesluit nie en beskou Mbalula se uitlatings as lasterlik.
