Bedrywighede in die Mthatha-lughawe is gedwing om vir eers te sluit, aangesien wetstoepassers besig is om die situasie in die dorp te probeer beheer. Volgens Arrive Alive is al die groot toegangs- en uitgangpunte geblokkeer, na bewering deur betogende taxi-operateurs.
Hulle het glo vragmotors gekaap en dit gebruik om beide kante van die N2 te blokkeer, en het dieselfde met die R61-pad gedoen. Die vermoede bestaan dat dit verband hou met ‘n stemnota van ‘n taxi-operateur wat glo gedreig het om die gebied tot stilstand te bring, indien die polisie nie hulle vuurwapens teruggee, waarop daar verlede week beslag gelê is nie.