MTN-kliënte in dele van die Vrystaat asook die Wes-Kaap is vanoggend sonder diens gelaat. MTN sê die onderbreking was weens dringende werk wat aan die netwerk gedoen moes word. Die maatskappy het om verskoning gevra aan kliënte in daardie gebiede wat geraak is. Die netwerk was voor tienuur vanoggend egter reeds herstel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×