AfriForum neem nou strafregtelike stappe teen die munisipale bestuurder van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit. Die burgerregteorganisasie dring daarop aan dat April Ntuli in sy persóónlike hoedanigheid vervolg moet word vir rou riool wat in die Vaalrivier gestort word. Die grootskaalse rioolstorting hou ‘n reuse bedreiging vir, mens, die en plante in.
Dit skep onder meer ook die ideale toestande vir waterslaai om te gedy. AfriForum noem ook dat die regering tot dusver glo niks meer gedoen het nie, as om vergaderings oor die waterslaai-probleem te hou. Dit terwyl die gemeenskap skynbaar reeds meer as ses miljoen rand spandeer het om dieprobleem te takel.