Munisipale verkiesing wat voortgaan, ‘n groot terugslag vir die ANC

Politieke ontleders het die Grondwet Hof se uitspraak dat die munisipale verkiesing wat vir vanjaar beplan is, moet voortgaan, as ‘n groot terugslag vir die ANC bestempel. Die ANC was van die partye wat die verkiesing wou uitstel, weens die coronaviruspandemie. Volgens die ANC was die proses om sy kandidate betyds vir die verkiesing te registreer, problematies. Dit beteken dat daar in verskeie van die 278 munisipaliteite, nie ANC-kandidate gaan staan nie.

Luister na potgooie hieronder