Die Valke het verlede week die bestuurder van ‘n  distriksmunisipaliteit in Noord-Wes en ‘n sakeman in hegtenis geneem nadat ‘n forensiese verslag hulle betrek in ‘n korrupsiesaak van R134 miljoen. Die ondersoek het onder andere getoon dat R2 miljoen betaal is vir twee skootrekenaars. Volgens City Press is die Bojanala Platinum Distrik Munisipaliteit se bestuurder, Patrick Shikwana en Marole-Nameng Trading Enterprises se direkteur, Moses Malesa aangekla vir bedrog tydens hul eerste verskyning in die Rustenburgse Handelshof. Die Valke se woordvoerder, Tinyiko Mathebula, het gesê Shikwana het na bewering dié maatskappy gebruik om die munisipaliteit van ramp-toerusting te voorsien. Volgens die forensiese verslag het die maatskappy verskeie keer belaglike pryse vir goedere en dienste gevra terwyl sommige dienste nooit gelewer is nie. Die meer as R130 miljoen was glo opsy gesit vir ‘n behuisingsprojek in Rustenburg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×