AfriForum het sy jaarlikse blou-en-groendruppelverslag bekendgestel. Die organisasie se groendrubbelverslag toon dat slegs 13% van verwerkte rioolwater, wat by rioolaanlegte landwyd getoets is, aan voorgeskewe standaarde voldoen.
Die organisasie het 150 aanlegte regoor die land getoets en dit beteken dat slegs 20 van hierdie aanlegte aan die nodige standaarde voldoen.Dit is slegte nuus in terme van rioolwater wat in die natuur vrygestel word.
AfriForum se hoof vir omgewingsake, Lambert de Klerk, sê munisipaliteite is nie in staat om hierdie rioolaanlegte behoorlik te bestuur nie.