Die land se 257 munisipaliteite kon in die maande Julie tot September net 56% van die geld invorder waarvoor rekeninge uitgestuur is.

Dié skoksyfer kom uit die nasionale tesourie se jongste verslag oor munisipaliteite se geldsake vir die eerste kwartaal van die munisipale boekjaar wat op 1 Julie begin het.

Netwerk 24 berig munispaliteite het vir ‘n gemiddelde invorderingskoers van 83% begroot. Dit hou ‘n risiko in vir die likwiditeit van die meeste munisipaliteite want hul beplande besteding word gegrond op beter invorderingskoerse as wat tans die geval is.

Die invorderingskoers van 56% skep ook twyfel of munisipaliteite wat hul skuld by Eskom wil laat afskryf, die voorwaardes vir afskrywing kan nakom.

Volgens die tesourie was die totale verbruikerskuld van munisipaliteite teen 30 September ‘n allemintige R306,7 miljard.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×