Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thembi Nkadimeng, het gesê verbruikers in nagenoeg 80 munisipaliteite het reeds meer as een-komma-ses miljoen rand spandeer om infrastruktuur te herstel wat beskadig en gevandaliseer is tydens tye wat beurtkrag toegepas word. Sy het verder gesê dat by 79 van die land se 257 munisipaliteite het beurtkrag ook bygedra tot inkomsteverliese van meer as 21 miljard rand in totaal per jaar. Die inligting is openbaar in antwoord op ’n geskrewe parlementêre vraag oor besonderhede van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering, of Salga, se beoordeling van alle munisipaliteite om munisipale uitgawes en inkomsteverliese weens beurtkrag te kwantifiseer.
