‘n Klomp KI-aangedrewe klone, of te wel ‘deepfakes’, van die tegnologie-miljardêr, Elon Musk, het verwoesting in Suid-Afrika gesaai. Dit aangesien sommige mense dit moeilik vind om die werklike van die kloon te onderskei.

Primedia berig hiperrealistiese klone word gebruik om niksvermoedende slagoffers te mislei. Hulle word dikwels oortuig om hul geld in bedrieglike beleggingskemas te belê. ‘n Bejaarde vrou en haar man, is deur so ‘n kloon van Musk, wat mense aanspoor om in Bitcoin te belê, om die bos gelei.

Die Musk-kloon het aan die egpaar gesê dat hulle R30 000 per dag kan verdien as hulle net R4 000 belê. Die egpaar se bankrekeninge is leeggemaak en banke kan die nie die egpaar help nie, aangesien hulle, hul bankbesonderhede vrywillig verskaf het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×