MUURBAL – Die Suid-Afrikaanse muurbal kampioenskap skop later vanoggend in Kaapstad af met van die land se beste spelers wat vir die onderskeie nasionale vroue- en mansmuurbal titels gaan meeding.
Die broer en suster kombinasie van Dewald van Niekerk en Lizelle Muller wat laasjaar as die onderskeie kampioene gekroon is sal op alle sllinders moet vuur was hulle weer met die titels wil terugkeer na die Oos-Kaap.
Van Niekerk weet dat hy sterk kompetisie te wagte kan wees van die 2de gekeurde Tristen Worth asook JP Brits en Christo Potgieter terwyl sus Lizelle in topvorm sal moet wees teen Alex Fuller wat tans nommer 31 in die wêreld is.
Die eerste wedstryd in die vroue afdeling begin om 11:40 waarna die 3de gekeurde Potgieter teen die nommer 6 Rodney Durbach tussen die glasmure by die V&A Waterfront in aksie sal wees.