MUURBAL  –  Suid-Afrika se verdedigende muurbalkampioen Dewald van Niekerk is gereed vir sy aanslag op ‘n driekuns aan nasionale titels by die Growthpoint Nasionale muurbalbyeenkoms wat vandag in die V&A Waterfront in Kaapstad begin.

Van Niekerk weet egter dat ’n taai stryd op hom wag aangesien die 2020 kampioen Christo Potgieter sowel as Damian Groenewald en Ruan Olivier ook agter die glasmure gaan wees.

Onder die dames sal Hayley Ward ook haar oog op die titel hê aangesien die vorige 2 jaar se kampioene Alex Fuller en Lizelle Muller nie in aksie gaan wees nie.

Hayley word as een van die gunstelinge beskou maar sal op die uitkyk wees vir Milnay Louw wat van 2017 tot 2019 die kroon gedra het terwyl die 2de en 3de gekeurde Alexa Pienaar en Teagan Roux ook  hul aanslag op die nasionale titel sal loods.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×