Mynreddingspanne is steeds besig om onwettige myners by ‘n myn in Roodepoort te red.
Minstens twee onwettige mynwerkers is vermoedelik die naweek ondergronds vasgekeer toe ‘n tou wat hulle gebruik het om op en af te kom, gebreek het.
‘n Span van byna 20 kundiges is op die terrein en beplan die operasie. Dit is onduidelik hoe diep die skag is en hoeveel mense ondergronds is.
Daar is reeds kommer dat die suurstofvlakke ondergronds laag is, met die laaste lesing op 15 persent. Dit word as te laag beskou vir oorlewing wanneer ‘n persoon te lank aan daardie vlakke onderwerp word.