Mzansi Super Liga is uitgestel

Foto: InsideSport

Krieket: Vanjaar se Mzansi Super Liga is uitgestel. Krieket Suid-Afrika het
aangekondig dat Suid-Afrika se premier T20 toernooi geskuif moes word weens
onsekerheid rondom internasionale reise. KSA se hoof uitvoerende beampte,
Kugandrie Govender, sê die Covid-19 pandemie het ‘n rimpel effek op
wedstryd-skedulering gehad. KSA beplan om die toernooi vir November 2021 te
skeduleer.

Luister na potgooie hieronder