Mzwakhe Mofokeng steeds administrateur van die Mangaung-metro in Bloemfontein

Die Vrystaatse LUR vir die departement samewerkende regering en tradisionele sake, Thembeni Nxangisa, sê dit is nie waar dat adv. Mzwakhe Mofokeng nie meer die administrateur van die Mangaung-metro in Bloemfontein is nie.

Dit volg ’n skrywe wat adv. Tankiso Mea, die stadsbestuurder van die metro, uitgestuur het om die werknemers in te lig dat Mofokeng nie meer die administrateur is nie.

Netwerk24 berig dat Nxangisa gesê het dat Mea dit nie doen nie.

Volgens Nxangisa werk Mofokeng nie onder Mea nie en is hy deur die Vrystaatse provinsiale regering aangestel om die administrateur te wees en sal hy dit bly todat die provinsiale regering hom herroep.

Luister na potgooie hieronder