‘n 12-jarige leerder is gekies om aan die World Monologue-streekseindronde deel te neem

 ‘n 12-jarige leerder is gekies om aan die World Monologue-streekseindronde deel te neem

‘n 12-jarige leerder van Laerskool Stellenbosch in die Boland is gekies om aan die World Monologue-streekseindronde deel te neem.

Anouk Roelofse het ‘n gesprek tussen haar en ‘n kat ingeskryf vir die geleentheid waaraan meer as 80 lande deelneem.

Dit is die eerste aanbieding van die Australiese kompetisie, maar dit het reeds duisende internasionale deelnemers gelok.

Anouk se gesprek met haar kat, Rosie, handel oor ‘n meisie wat nie plek kry by ‘n dramaskool nie en kietsie-kat is haar enigste klankbord.

Die streeksrondes sal Saterdag regstreeks uitgesaai word.

LeandreAdmin@