’n Veertienjarige seun van Bultfontein, in die Vrystaat, het Woensdagnag by ’n huis teenaan die begraafplaas om hulp gaan aanklop nadat hy verskeie kere met ’n mes gesteek is.

Netwerk24 berig ’n Vyftienjarige seun is in verband met die voorval in hegtenis geneem en het reeds gisteroggend in die landdroshof op aanklag van poging tot moord verskyn.

Die ouer seun het die 14-jarige glo na die begraafplaas in Diamantstraat gedwing en het hom toe na bewering verskeie kere met ’n mes gesteek.

Volgens die polisie is die 14-jarige in die rug, hande, borskas en nek gesteek, voordat hy van sy aanvaller kon vlug om hulp te soek.

Hy is in die hospitaal opgeneem. Die polisie het die verdagte omstreeks drie-uur gisteroggend opgespoor.

Die mes waarmee hy vermoedelik die ander seun gesteek het, is in die verdagte se besit gevind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×