‘n 16-jarige seun wat na bewering op die polisie losgebrand het ná ‘n skietvoorval by ‘n kuierplek in Bloemfontein, verskyn na verwagting eersdaags in die hof.

Die verdagte het skynbaar in die vroeë oggendure by ‘n kuierplek in die Parkweg-omgewing opgedaag en verskeie drankies bestel waarvoor hy nie kon betaal nie.

Die seun het ‘n skoot in die kuierplek afgevuur en nog twee buite die kuierplek, toe hy ‘n werker gewond het.

Hy het hierna op die vlug geslaan. Die polisie het hom later in die Generaal de Wet-woonbuurt opgemerk, toe hy na bewering op die polisie begin skiet het.

Die polisie het teruggeskiet en die seun in sy linkerbeen gewond. Hy is vir behandeling na ‘n plaaslike hospitaal geneem.

Netwerk24 berig hy is op klagte van sakeroof en poging tot moord in hegtenis geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×