‘n 18-jarige man van Kroonstad is deur die polisie in hegtenis geneem nadat hy ‘n 3-jarige dogtertjie verkrag het. Die voorval het Donderdag by ‘n vulstasie naby Marabastad gebeur, het sersant Josephine Rani, polisiewoordvoerder, in ‘n verklaring gesê. Twee tieners het ‘n dogtertjie in die veld by drein pyp hoor skree en gaan ondersoek instel. Hulle het die gemeenskap vertel en die polisie gebel. Die gemeenskap was besig om die verdagte aan te rand toe die polisie by die toneel opgedaag het. Die verdagte het reeds in die hof verskyn en bly in aanhouding. Hy sal op 17 Augustus aansoek doen vir borgtog. Die dogtertjie is in die Boitumelo hospitaal behandel.

error: Inhoud is beskerm !!