‘n 25-jarige vrou is op aanklag van die besit van kinderpornografie en geldwassery in hegtenis geneem.

SABC News berig die webontwerper is glo Darren Wilken se vriendin. Wilken is verlede week in hegtenis geneem, nadat hy in besit van kinderpornografie gevind is.

Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê die vrou sal na verwagting Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

Sy voeg by ‘n intensiewe ondersoek het bewyse aan die lig gebring wat die vrou met kriminele aktiwiteite verbind, insluitend die besit van ongeveer 10 miljoen kinderpornografiese fotos en video’s.

Hierdie materiaal is op verskeie elektroniese toestelle ontdek waarop beslag gelê. Die ondersoek duur voort.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×