‘n 33-jarige brandslagoffer van Thaba Nchu het hom glo vanaf die sewende verdieping van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein doodgeval. Netwerk24 berig voorts Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, het gesê ‘n veiligheidsbeampte het Vrydag aangemeld dat ‘n manspasiënt in ‘n plas bloed in die hospitaal gevind is. Volgens Mvambi is die man op 17 Julie vir ernstige brandwonde in die hospitaal opgeneem. Hy het glo geen selfmoordneigings gehad nie en het volgens alle aanduidings ook geen tekens van psigose of drank- of dwelm-onttrekking getoon nie. Die polisie en forensiese spanne doen ‘n onafhanklike ondersoek na die voorval.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×