‘n 36-jarige man van Bloemfontein sal na verwagting vandeesweek in die Bloemfontein Landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding

‘n 36-jarige man van Bainsvlei in Bloemfontein sal na verwagting vandeesweek in die Bloemfontein Landdroshof verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Netwerk24 berig die man wat saam sy meisie by haar ouma bly het glo die 87-jarige bejaarde aangerand. Die vrou, wie se naam nie bekend gemaak word nie omdat sy vrees vir haar veiligheid, het kneusmerke aan haar gesig, nek en arms.
Die voorval het op 30 Desember plaasgevind waarna die man op 3 Januarie aangekeer is.
Luidens berigte is dit ook nie die eerste keer wat hy haar aanrand nie.
Die man is Dinsdag verlede week borgtog geweier en bly in aanhouding.

Luister na potgooie hieronder