‘n 68-Jarige boer is in die vroeë oggendure op sy plaas in die Dwaalboom-omgewing buite Thabazimbi in Limpopo vermoor. Sy vrou is in die aanval met ‘n onbekende voorwerp gebrand. Luidens berigte is die vermoede van die polisie dat hulle deur plaaswerkers aangeval is. Die verdagtes het in die slagoffers se voertuig van die toneel gevlug nadat die huis geplunder en verskeie goedere gesteel is. Een van die verdates is in ‘n skietery met die polisie in Bela-Bela doodgeskiet, en nog ‘n verdagte is in hegtenis geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×