‘n 7-jarige Bloemfonteinse meisie sterf as gevolg van virale breininfeksie

 ‘n 7-jarige Bloemfonteinse meisie sterf as gevolg van virale breininfeksie

‘n Sewejarige Bloemfonteinse meisie is Maandag in die Life Rosepark hospitaal in Bloemfontein oorlede nadat sy ‘n virale breininfeksie opgedoen het.

Mika Botes, ‘n graad 1 leerling aan die laerskool DR. C.F Visser het volgens haar ouers Maandag ‘n ligte hoofpyn gehad waarna hulle haar dokter toe geneem het.

Mika het ‘n epileptiese aanval gekry en is in die hospitaal opgeneem.

‘n Virale breininfeksie is by haar gediagnoseer.

Volgens haar ouers het die dokters alles probeer om haar lewe te red, maar sy was reeds breindood en haar ouers moes die moeilike besluit neem om
die masjiene wat haar aan die lewe gehou het, te laat afskakel.

‘n Afskeidsdiens word vandag vir haar gehou.

LeandreAdmin@