‘n 79-jarige boer vanoggend in die Oos-Kaap vermoor

Die 79-jarige, John Viedge, ‘n Beesboer van Maclear in die Oos-Kaap, is vroeg vanoggend op sy plaas Highlands vermoor.  Netwerk24 berig die woordvoerder van landelike veiligheidsbestuur van Agri Oos-Kaap sê die huidige beskikbare inligting dui daarop dat Viedge deur ‘n veiligheidshek geskiet is terwyl die aanvallers toegang tot die huis probeer kry het.  Dit is nog onduidelik of die bejaarde boer alleen tuis was.  Agri Oos-Kaap sê hy veroordeel die sinlose moord ten sterkste en het ook ‘n beroep op die polisie gedoen om meer te doen om landelike gemeenskappe te beskerm.  Brigadier Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder het die voorval bevestig.

 

Luister na potgooie hieronder