Ondersoeke na die omstandige van ‘n 8-jarige dogtertjie se dood, nadat ‘n geiser glo op haar geval het, duur voort.

The Citizen berig die polisie in die Vrystaat is na ‘n huis in Thabong, Welkom ontbied waar die liggaam van die meisie gevind is.

Volgens polisiewoordvoerder, Loraine Earle, dui voorlopige verslae daarop dat sy onder ‘n gemonteerde watergeiser was toe dit skielik geval en haar getref het.

Earle sê mediesenooddienste is na die toneel ontbied en het die kind met aankoms dood verklaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×