‘n 82-jarige boer van Ladybrand is gister in hegtenis geneem en sal tereg staan op twee aanklagte van poging tot moord nadat hy glo ‘n 18-jarige gewond het wat onwettig op sy plaas gejag het.

Polisiewoordvoerder, adjudant Mmako Mophiring, sê die voorval het Vrydagaand plaasgevind toe twee jong mans van ‘n plaas in die distrik op die plaas gejag het en deur die boer gekonfronteer is. Hulle het in ‘n motor weggjaag. Die boer het hulle agternagesit en op hulle begin skiet. Die 18-jarige is in sy skouer gewond en na ‘n hospitaal in Bloemfontein geneem vir mediese behandeling. Die boer sal na verwagting vandag in die landdroshof op Ladybrand verskyn.   

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×