Die Nasionale Raad van Provinsies is gister gedwing om sy aanvaarding van die omstrede Bela-wetgewing uit te stel ná ‘n administratiewe flater. Die raad moes die wetgewing wat daarop gemik is om die basiese onderwyssektor te hervorm, oorweeg en aanvaar voordat ‘n tegniese fout uitgewys is Die proses is tydens gister se vergadering in twyfel getrek. Die DA se Cathlene Labuschagne het gesê die verslag wat in die parlement se aankondigings, ter tafellegging en komiteeverslae gepubliseer is, het nie die wysigings waarop besluit is ingesluit nie en die korrekte verslag is nie gepubliseer nie.Teenkanting en publieke protes sal regoor die land voortduur tot die raad se volgende sitting volgende week.