Lig in Duisternis Uitgewers, ʼn Afrikaanse Christelike uitgewer in Pretoria, het 462 jaar ná die verskyning van die eerste Heidelbergse Kategismus, sy Hindi-vertaling van die Drie Formuliere van Eenheid in Indië bekendgestel.
Maroela Media berig volgens die uitgewers se publikasiehoof, Schalk Strauss, is dit ‘n besonderse voorreg om die belangrike vertaling met plaaslike Christenpredikante in hul moedertaal, te kon behandel.
Tydens ‘n besoek aan Indië in 2020 het hulle die dringende behoefte aan ʼn goeie vertaling in die Indiese spreektaal geïdentiseer, en het besluit om die belydenisskrifte te vertaal.
Die Heidelbergse Kategismus het in 1563 verskyn, wat die fondasie vir Drie Formuliere van Eenheid, naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls gelê het.