‘n Afvaardiging vanuit Bloemfontein het die naweek oud-president Jacob Zuma by sy huis in Nkandla gaan besoek

‘n Afvaardiging vanuit Bloemfontein het die naweek oud-president Jacob Zuma by sy huis in Nkandla gaan besoek.

Die afvaardiging was onder leiding van die Mangaung-Metro se uitgeskopte burgermeester, Olly Mlamleli.

Luidens berigte het die afvaardiging daar opgedaag met ‘n bakkievrag vol groente.

Netwerk24 berig nog ‘n besoeker die naweek by Nkandla was Lulama Titi-Odile, burgermeesterskomiteelid belas met finansies in die Mangaung-Metro.

Voormalige bedryfshoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, het ook die naweek Zuma besoek, maar het gesê hy was nie deel van die Bloemfontein-afvaardiging nie.

Mlamleli was glo daar om Zuma moed in te praat vir ‘n besoek van die ANC se topses-leierskap.

Motsoeneng wou egter nie sê waaroor sy vergadering met Zuma gegaan het nie en het ook nie gesê of hy Zuma wou oortuig om voor die kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn nie.

Luister na potgooie hieronder