‘n Amerikaanse ingenieursmaatskappy gaan Eskom met Koeberg help

Die Amerikaanse ingenieursmaatskappy, Jacobs Energy Security and Technology, is deur Eskom aangestel, vir hulp om die Koeberg-kernkragstasie se leeftyd te verleng.

Jacobs, met sy hoofkantoor in Dallas, Texas, en sowat 55 000 werknemers in 40 lande, het bevestig dat hy gekies is om noodsaaklike ingenieursmodifikasies aan die kragstasie te doen.

Voorbereidings vir die projek behels die installasie van ses nuwe stoomopwekkers van 380 ton elk in die kragstasie.

Dit sal deel vorm van die R20-miljard-program om Koeberg se bedryfsleeftyd met nog 20 jaar te verleng.

Volgens Karen Wiemelt, senior visepresident van Jacobs, is die projek noodsaaklik om kernkrag in Suid-Afrika in stand te hou.

Luister na potgooie hieronder