Die 71-jarige man van Illinois, Amerika, het ‘n 6-jarige Moslem-seun doodgesteek, en sy ma ernstig gewond, in reaksie op die oorlog tussen Israel en
Hamas.

Reuters berig Moslemregte-aktiviste sien Saterdag se aanval, wat naby Chicago plaasgevind het, as ‘n aanslag op die Moslem-geloof.

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het gesê die seun se familie is Palestynse Moslems wat na Amerika gekom het op soek na ‘n toevlugsoord om in vrede te kan leef.

Luidens ‘n verklaring sê Biden hierdie gruweldaad het geen plek in Amerika nie.

Die jong oorledene se 32-jarige ma, sal die aanval waarskynlik oorleef.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×